Van hierdie klein mensie
tot die koningin van Sutherland. Skryf op haar muur, los 'n stemnota vir haar klankbaan en deel elke foto van die naweek.
Die aftelling
Vrydag 23 Oktober · 16:00 · Die vure brand by Gerda se huis
01 — Die Muur
Elke boodskap word deel van die muur agter haar foto's. Vyftig jaar se liefde, een sin op 'n slag.
02 — Die Klankbaan
Neem 'n kort stemnota op: 'n gelukwens, 'n storie, 'n liedjie of net 'n lekker lag. Al die stemnotas speel saam as die klankbaan van hierdie webwerf.
Druk en praat
Tot 90 sekondes
03 — Die Foto's
Laai jou foto's en video's van die naweek hier op, dan sien almal dit dadelik. Plaas jy ook op Instagram of Facebook? Gebruik #GerdaWord50 sodat Gerda dit kan kry.

04 — Van Gerda self
"Jou teenwoordigheid is my geskenk."
Ek bly in Sutherland, my hartsplek, en ek het alles wat my hart begeer. Bring 'n vet beursie saam en bederf my dorp: koop koekies by die Basaar, vleis by die slaghuis, sweets by die OK en eet 'n kaaskoek by die hotel.
— Gerda
05 — Die Makietie
By Gerda se huis. Die vure brand vanaf vier-uur, ons kuier rustig. Bring jou eie drinkgoed.
By die Kerksaal. Kom vroeg, anders mis jy die koek, vleis en basaarpoeding.
Ontmoet voor Gerda se huis vir 'n stadige stap deur die dorp.
Sutherland Hotel. 'n Ete van epiese proporsies. Bring 'n beursie vir jou drankies.
By die hotel of by Blue Moon.
Die ete is by Sutherland Hotel. Bespreek en betaal direk by die kerk.
By Gerda se huis, tot die son sak.
Geen middagete Saterdag nie. As jy nie genoeg basaarpoeding geëet het nie: OK, die hotel of Blue Moon. Nog nie blyplek nie? Laat weet vir Gerda, sy help graag.